Ek is Juffrou Carina, ek is al vir 10 jaar betrokke by kinderontwikkeling. Van jongs af het ek vaardighede aangeleer om kinders te help, dit het sommer natuurlik gebeur.
Ek het deur NWU my Onderwys kwalifikasie verkry met lof en deur die jare kursusse voltooi om kinders met leer hindernisse te help. Ek streef daarna om myself met kennis te bemagtig, sodat ek elke kind kan help wat vir my gestuur word.
Dit is vir my die grootste eer om met kinders te werk en ek glo die Here het vir my die roeping gegee om kinders by te staan wat ùitdagings ondervind in hulle ontwikkeling.
